AFSTERWE VAN THEO BEYLEVELDT

 

Chris van Zyl, Wouter Lombard en Louis Coetzee verwittig met leedwese dat Theo vanoggend in Kaapstad oorlede is. Theo het 'n lewer-en bloedkwaal ontwikkel en is na behandeling by 2 Mil Hosp na UK se Privaathospitaal oorgeplaas waar hy vanoggend om 09:00 oorlede is.

Theo was die voormalige Bev SA Leërgevegskool, Burgemeester van die Overberg Munisipaliteit met hoofsetel in Hermanus en is onlangs as 'n benoemde LP in die Nasionale Raad vir Provinsies aangestel.

Die begrafnis sal op Donderdag 07/07/2011 in Hermanus gehou word. Mariaan se selno is 076 092 3749. Daar word voorgestel dat boodskappe van leedwese vir eers per SMS gestuur word.

 
Web design and Hosting by Sulaco New Media built using FastSite CMS