Pantsermuseum onhul 2 "eregaste" |
|
|
|
|
|
| |
Pantsermuseum onthul 2 "ere-gaste"
Twee "ere-gaste" is onthul op die gaste-aand van die Pantsermuseum by Pantserskool in Bloemfontein; 'n T-72 hoof-gevegstenk met 'n Suid-Afrikaans Vervaardigde Vuurbeheer-uitrusting en visiere en 'n BMP-1-infanteriegevegsvoertuig met 'n Suid-Afrikaans-vervaardigde gevegstoring.
Albei gevegsvoertuie is nou enig in hul soort in die wereld.
Die T-72 is oorspronklik 'n Russies-ontwerpte hoof-gevegstenk wat in 1970 begin vervaardig is en wat in die Russiese weermag in 1972 in gebruik geneem is. Die oorspronklike voertuig het 41 ton geweeg en is deur drie lede beman en het oor 'n V-12-dieselenjin beskik wat aan die voertuig 'n topspoed van 80 km per uur, besorg het. Dit het oor 'n gladdeloop hoofwapen van 125mm, en twee masjiengewere van verskillende formate beskik.
Die gelisensieerde weergawe van die T-72 is in Pole en in Slowakye vervaardig vir gebruikers in oorloe. Dit is ook die geval by die Suid-Afrikaanse weergawe hiervan, wat 'n Poolse variant is.
Die BMP-1infanterie-gevegsvoertuig is weer 'n Russiese voertuig wat ewe gemaklik in water en op land reis en was die wereld se eerste massavervaardigde infantrie-gevegsvoertuig. Dit was 'n rewolusionere ontwerp waar die Pantser-personeel draer en 'n ligte tenk met mekaar gekombineer is.
Die Russiese militer het toekomstige oorlogvoering gesien as die met kern- en chemiese wapens, asook bioogiese oorlofvoering. 'n Voertuig soos die BMP-1 beskerm soldate teen radio-aktiewe strale van kern- en chemiese wapens binne sy gepantserde omgewing en help soldate om in onbesmette gebiede met die geveg voort te kan gaan. Dit verhoog ook die bewegingsvermoens van infanteriesoldate, bied ondersteuning aan hulle en dit kan ook sy aan sy met groot gevegstenks veg. Die BMP-1 was die eerste keer in 1973 tydens die Midde Oosterse konflik getoets waar dit deur Egiptiese en Siriese magte gebruik is.
Albei voertuie is deur die Suid-Afrikaanse weermag gekoop om hulle vir navorsings- en ontwikkelingsdoeleindes te gebruik. Nadat albei voertuie se ontwerp-geheime ontdek is, is beide aan die Pantserskool by Tempe in Bloemfontein, geskenk.
'n Paar jaar gelede het lede van die verdedigings-industrie in Suid-Afrika, naamlik Advanced Technologies and Engineering (ATE), die Pantsermuseum genader om albei voertuie te kan leen en hulle te kan omskep met eie navorsings- en ontwikkelings-programme. Die programme is nou voltooi.
Pleks daarvan om die voertuie terug te gee in die oorspronklike vorm soos by die Pantsermuseum gekry, het ATE besluit om op eie koste albei voertuie te restoureer, wat 'n totale meganiese versiening en verfwerk ingesluit het. Die maatskappy, BAE Systems South Africa is deur ATE gekontrakteer om die werk te doen.
Albei voertuie is ook nou in hul aangepaste en verbeterde toestand aan die Pantsermuseum teruggegee. Dit sluit gevorderde tegnologiese ontwikkelings in wat aangebring is deur ATE en IST Dynamics.
In die geval van die BMP-1 is 'n volledige nuwe Suid-Afrikaanse ontwerpte toring bygevoeg. Die aanpassings maak die twee voertuie heeltemal uniek en enig in sy soort in die wereld. Dit het groot historiese waarde vir die Suid-Afrikaanse Pantsermuseum, maar ook vir die hele internasionale Pantserkorps in sy geheel.
Denel Land Systems het ook die projek ondersteun met die skenking van 'n 40mm Outomatiese Granaat Lanseerder vir die BMP-1-voertuig se nuwe toring.
Artikel geskryf deur Marietjie Gericke (Volksblad) en fotos deur Emile Hendricks
< By BMP-1 infanterie-gevegsvoertuig met Suid-Afrikaans-vervaardigde toring op die gaste-aand van die Pantsermuseum. Van links is Lt Kol Mike Herbst, nasionale president van die Suid-Afrikaanse Pantserbond, Brig Genl Chris Gildenhuys, bevelvoerende generaal van die Suid-Afrikaanse Leer Pantserformasie, en Mnr Lorris Duncker van ATE wat die lint geknip het.
Op die gaste-aand by die Pantsermuseum by die Pantserskool of Tempe in Bloemfontein waar die T-72-hoofgevegstenk met 'n Suid-Afrikaans vervaardigde vuurbeheer-uitrusting en visiere en die BMP-1 infanterie-gevegsvoertuig met 'n Suid-Afrikaans-vervaardigde toring aan die museum oorhandig is. Van links is Genl Maj Wouter Lombard (afgetree), Mnr Johan Steyn, besturende-direkteur van BAE Land Systems Suid-Afrika, Kol William Nondala, bevelvoerder van die Pantserskool, Brig Genl Chris Gildenhuys, bevelvoerende-generaal van die SA Leer Pantserformasie, Mnr Ishmael Moketsi van Denel Land Systems, Mnr Francois du Randt van Denel Land Systems, Mnr Gerrie van der Merwe van BAE Land Systems Dynamics en Mnr Lorris Duncker van ATE, wat die lint geknip het.
|
|
|
|
Web
design and Hosting by Sulaco New Media
built using FastSite CMS
|